Elke motorrit in die strate van Welkom en die breër Goudveld is ’n nagmerrie, soos op dié foto’s gesien kan word. Vista het ter plaatse ’n ondersoek in Doorn en elders gedoen. Van hier tot in Koppie Alleenweg, Badenhorststraat langs Naudeville, is meer as tien groot slaggate. Dit gaan gepaard met verslegtende padoppervlakke, rioollekke en gebarste waterpype. Die verskriklike agteruitgang is sigbaar en ontstellend.
Lees ook bl. 2 – Foto’s: Marti Will