Bernard Hughes het dié asemrowende foto van die storm geneem. Hy sê daar het 44 mm reën in Voorspoed, Welkom, geval.
Annatjie Patat skryf Ventersburg het 50 mm reën gekry.
Maryke Pretorius het hael so groot soos gholfballe ervaar.
Annalie Fouché Hall sê die skadunette by haar werk het afgewaai en is deur die wind verfrommel.
Bets Weideman van Riebeesckstad het 46 mm reën gemeet. Sy sê die water wil nie meer weg nie. Foto’s: Facebook
Dezi Gouws sê twee van hul sonpanele het afgewaai.
Fredre Louw van Vuuren het dié foto van ’n ontwortelde boom voor haar erf op Facebook geplaas.
Donderdagnag het die Goudveld sleg deurgeloop onder ’n hewige donderstorm, wat gepaard gegaan het met stormsterkte winde, swaer reën en hael so groot soos gholfballe. Vensters, bome en plante en motors is beskadig.
Sonpanele en skadunette is afgewaai en deur die wind verfrommel, tuine is verwoes, vensters is stukkend geslaan en motors is beskadig.
Groot, ou bome is ontwortel en groot takke is deur die weerlig afgeslaan. In Odendaalsrus is ’n klein elektriese substasie deur die weerlig geslaan, en het dit aan die brand geslaan.
Reënmeters oor die Goudveld heen het tussen 46 mm tot oor die 65 mm reën gemeet. Swembaddens het oorloop en tuine en huise het oorstroom.
Vista het op Facebook gebruikers oor hulle ervaringe gevra.
Sandra Du Preez Nicholson het geskryf: “Dit was vreeslik. Ek het net die heeltyd gebid dat ons vensters nie breek nie. Dit het 65 mm in Flamingo Park gereën,” skryf sy.
Zilla Mathee het 40 mm in Sandania gemeet. “Mensgin maar die weer was swaar,” skryf sy.
Carike Van Der Merwe sê die weerlig het hul yskas buite raakgeslaan en dit het onderstebo in die water gedryf. Dezi Gouws skryf dat twee van hul sonpanele afgewaai het.
Annatjie Patat skryf Ventersburg het 50 mm reën gekry en Wessel Cronje skryf dat Jan Cellierspark in Welkom 46 mm gekry het.
Evelyn White skryf dat daar 71 mm reën by haar in Naudeville geval het, en net langsaan by Henk Smit in Bedelia het daar 50 mm reën geval.
Hy sê by hom is bome ontwortel en die hael het verf van sy mure afgeslaan.
Maryke Pretorius het hael so groot soos gholfballe by haar ervaar en Alta Mouton van die Versailles-jagplaas se groot swembad is oorstroom.