Drie dansers van die Vibez-dansateljee het aan die begin van Oktober aan die Suid-Afrikaanse ronde van kwalifisering vir die DanceStar-kompetisie in Pretoria deelgeneem en hulle goed van hul taak gekwyt.
Tien van hul 13 nommers wat ingeskryf was, het deurgedring om in Mei 2023 op die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Kroasië mee te ding.
Die drie dansers het boonop ’n paar toptien-plekke hier behaal.
Chelsea Joubert het met haar solostuk in “showdance” ’n vierde plek behaal.
Vir hul Cover me in Sunshine- akrobatiese duet het Chelsea en Mia Fouché ’n vyfde plek behaal, en in hul Chains Low-hip-hop-duet het Chelsea en Mia ’n vyfde plek verower.
Dominique Joubert het ’n agtste plek in ope solodans behaal.