God se teenwoordige liefde wil ons koester

Die Woorde van Henri Nouwen het my laat dink.


Die Woorde van Henri Nouwen het my laat dink.

“Daar is Iemand wat ons intens liefgehad het lank voordat ons ouers, onderwysers, eggenote, kinders en vriende ons liefgekry het”.

Luister ’n slag na sy stem wat vir jou sê: “Jy is my geliefde – My guns rus op jou. Ek het jou by die naam geroep. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer. Ek het elke haar op jou kop getel. Waar jy ook al gaan, sal Ek by jou wees. Niemand en niks sal jou ooit kan skei van my liefde nie.”

God se teenwoordigheid bring bemoediging in ons hart en siel. Hy voel nie bedreig deur ons onbeheerde emosies wat oorneem in ons onsekerhede nie. God verstaan dit. Hy verstaan hoe ons emosies in sekondes van 0 tot 1 000 kan gaan.

God se teenwoordige liefde wil ons koester. Dit mag nie so voel nie of selfs nie eens so lyk nie, maar God jok nie.

Soos ek telkemale skryf, wil ek verskillende uitkomste beleef. Ek wil God se teenwoordigheid meer as ’n werklikheid beleef. Hy wys dit op verskillende maniere. Ek weet Hy sal ons vertroos.

Vra Hom om jou hart te vertroos. Daar is troos in sy teenwoordigheid. Onthou die woorde van Ps. 46:11: Bedaar en erken dat Ek God is.

Gebed

Hemelse Vader, dankie vir U teenwoordigheid. Dankie vir U liefde wat groter as my woede is. Dankie vir U liefde, dit oorweldig my. Neem oor in my lewe. In Jesus Naam. Amen.

– Heidi Mc Laren, Jeug­leraar, NG kerk Bedelia

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.