God se edelgesteentes verdien meer

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:.


Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

Sommige vroue moet hul lewe op die spel plaas om die pot aan die kook te hou.

Kindertjies word op gevaarlike plekke geplaas om geld te bedel vir drank vir verslaafde ouers.

Vir ’n vrou is die geboorte van haar kind die kosbaarste oomblik – kinderlose vroue smag om ’n ma te kan wees.

God maak goeie mense met onmeetlike liefde, maar dan kom die duiwel en verwoes net waar hy kan.

God het aan elke vrou ’n mengsel van krag en oorlewingsvermoëns, ervaring en insig gegee.

Soos elke dag in my lewe sal ek bid vir elke vrou en kind – ek is so lief vir die mense wat my elke dag omring.

My beste vriendin woon in ’n sinkhuisie teen die vullishope met haar drie seuntjies – sy is gewoond aan ’n felle lewe, maar sy het nie gaan lê nie. Sy glo dat God elke dag vir haar en haar kinders sorg.

Het dit nie tyd geword dat ons burgers van hierdie land moet kyk na al die ellende en iets daaraan doen nie?

God verwag van ons om deur middel van sy liefdestaal met ons medemens te praat – sy kinders te beskerm, mededeelsaam te wees en om te gee vir behoeftiges.

Ek wil beslis ’n verskil probeer maak in hierdie wrede wêreld van ons en ek glo daar is baie gelowiges wat dieselfde gaan doen.

Liefde is al wat ons het, al wat ons kan aanbied, maak nie saak in watter vorm nie. Dit is die enigste manier hoe ons mekaar kan help.

Mag Augustus – Vrouemaand – ’n wonderlike belewenis wees. Liewe vrou, jy is God se edelgesteente.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.