God, drie-enig in alles en almal, verbind volgelinge om die aarde heen

Die Pinksterweek wat verby is lê baie naby aan die hart van die St. Helena-gemeente omrede die kerkgebou wat op 22 Mei 1961 ingewy was tot lof en eer aan God met die 100ste bestaansjaar van die Pinksterbidure in die Nederduits Gereformeerde (NG) Kerk

Ds. Domonic Basson

Credit: SYSTEM

Die Pinksterweek wat verby is lê baie naby aan die hart van die St. Helena-gemeente omrede die kerkgebou wat op 22 Mei 1961 ingewy was tot lof en eer aan God met die 100ste bestaansjaar van die Pinksterbidure in die Nederduits Gereformeerde (NG) Kerk in Suid-Afrika.

Die skriflesing van daardie Sondag het gekom uit Handelinge 1:8: Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.

Die kanselkleed op die kansel by die inwyding van die gebou het ook die woorde van Handelinge 1:8 opgehad: Julle sal krag ontvang.

Uit hierdie besonderse historiese gebeurtenis het die St. Helena-gemeente se leuse ook tot stand gekom: God drie-enig in alles en almal. Dit is tog immers die roeping wat die Here Jesus Christus aan die apostels gegee het na sy hemelvaart en die uitstorting van die Gees.

Hoe gepas is dit dan nie dat die Liturgiese kerkjaar na Pinkster skuif, na Koninkrykstyd nie? Waar ons dan moet opbou tot die Koninkryk van God en ons roeping verder moet uitleef.

Ons fokus skuif van die uitstorting van die Heilige Gees, na hoe ons saam met die drie-enige God ons roeping moet uitleef as sy getuies. Nie net hier in Welkom, Odendaalsrus en Virginia nie, maar oor die hele aarde. Dan is ons roeping tog reg verwoord as ons saam Lied 445 sing:

“Drie-enig God, ons wil U eer met smeek en dankgebede:

“U skenk in welbehae Heer, aan ons U volle vrede.”

Die drie-enige God se handeling met ons deur sy Gees wat kom vanuit die Vader en die Seun (die Perikoretiese handeling van God, een Wese maar drie persone). So versterk God ons om aan te gaan met die werk van sy Koninkryk. Nie net in ons stad en omgewing nie, maar oor die hele aarde . . . dan is die roepinsgbesef mos reg X God drie-enig in alles en almal.) Ds. Domonic Basson is van die NG kerk St. Helena.

You need to be Logged In to leave a comment.