In Lukas 24:13-35 lees ons van twee manne wat op reis was na die dorp Emmaus – hulle was nie bewus van die teenwoordigheid van Jesus wat saam met hulle is nie.

In hulle tyd was dit nie maklik nie hulle het so pas beleef Jesus is gekruisig. Jesus is in die graf, Jesus wat hulle hoop, die profeet wat magtig in woord en daad was, Jesus van Nasaret is dood. Hulle het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos.

Dan lees ons in hierdie gedeelte die vroue kom met vrae en bevestig Jesus se liggaam is weg.

Hierdie getuienisse van die vroue het die volgelinge van Jesus moedeloos gemaak. Waar is Jesus? Jesus is weg, Hy is nie meer deel van hulle lewe nie.

Ons leef vandag hier in die omgewing van Welkom soos reisigers elke dag.

Ons voel alleen, moedeloos, vol twyfel met geloofskrisse, ons voel dat Jesus nie met ons is nie.

Dalk deur ons omstandighede, dalk deur ons twyfel, dalk deur ons vrae – ek weet nie – maar ek beleef iets van ek en jy moet stil word en weer kyk wie is die Een wat beloof Hy gaan saam met my.

Daar is soveel beloftes in die Woord – Heb 13:5 God sal jou nooit los nie – Spreuke 3:6 God sal jou paaie gelyk maak – Psalm 119:105 God is die lig op jou pad. Ek weet nie hoekom twyfel ek en jy oor die Godheid en die Grootheid van God nie.

Maar ek weet wel God – net soos in Lukas 24 – gee beloftes en dan herinner Hy hierdie reisiger van Moses se tyd af hoe God se beloftes in ons lewe vas bly.

Hoe God vir ons daar is. Hoe God vir ons deur dra, saam met ons reis, hoe God deur al die gister, ons verlede vir ons daar was. Ons kan terug kyk en ons kan sien, God was met ons.

Maar nou is die uitdaging? Hoe is God met my vandag? Dalk die reisigers het ’n ontmoeting met Jesus die oomblik toe Jesus by hulle sou oorslaap en Hy vir hulle die brood breek – toe gaan hulle oë oop. Dalk moet ek en jy tyd maak om net weer iewers stil te word met God se Woord in my hand maar nog meer met ‘n gebed in my hart met ’n vaste vertroue – God is hier.

Elke belofte in sy Woord kan ek myself herinner aan. Die Woord gee vir ons soveel beloftes. Die Woord gee vir ons soveel waaraan ek en jy kan vashou en ons geloof daarop kan bou.

Dit is my gebed: Hemelse Vader, as ek vandag alleen, moedeloos en sonder geloof in U voel. Mag my Geloof nie wees op die dag van more wat ons nie kan sien nie. Ook nie wees op die dag van gister met foute nie, maar wees net op vandag met die vaste vertroue Jesus loop saam met my.

– Heidi Mc Laren (NG Bedelia-Oase Gemeente)

You need to be Logged In to leave a comment.