Gimnasium kraai koning

Welkom-Gimnasium se eerste rugbyspan is die wenner van die Kovsie-liga, wat hom tussen die toprugbyskole in Suid-Afrika plaas.


Welkom-Gimnasium se eerste rugbyspan is die wenner van die Kovsie-liga, wat hom tussen die toprugbyskole in Suid-Afrika plaas.

In die eindstryd het die span die Hoërskool Upington met 52 – 19 geklop. Gimnasium het in die seisoen 21 wedstryde gespeel, waarvan 17 gewen en vier verloor is. Altesaam 833 punte is aangeteken, met ’n gemiddeld van 40 punte per wedstryd. Daar is 433 punte teen die span aangeteken, met ’n gemiddeld van 21 per wedstryd. Gimnasium het tien voorseisoenwedstryde gespeel en ses hiervan gewen. Die span het sewe wedstryde in die Griffon- Hoërskole A-liga gespeel, en die liga gewen. Hy het ook as wenner teen die wenners van die Vrystaat in die Shimla-liga se halfeind gespeel en Jim Fouché met 66 – 5 geklop.

“Die drie spanne teen wie ons in die voorseisoense wedstryde verloor het, eindig almal onder die tien topskole in Suid-Afrika,” sê Roean Bezuidenhout, afrigter.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.