Bekommerde ouer, Virginia: Mense wil weet hoekom kinders in Thabong verdrink. Dit is ons situasie in ou Virginia: ’n oop gat wat bly vergroot. ’n Mens kan glad nie daar ry nie. Die gat is nie goed gemerk nie en ’n mens sien dit nie in die aand nie. Water stroom al maande lank in die straat af. Dit is nie die ergste nie. Die gat is reg langs die kleuterskool. Baie van die kinders in die skool loop huistoe. Hoe lank voordat hulle verdrink? Die gat, in Bizanastraat in Virginia, reg oorkant die Tower Kidz-kleuterskool, is weekliks deur mense in die gebied by ons DA-raadslid aangemeld en niks word gedoen nie.Foto: Verskaf