Suid-Afrika het met ’n groeiende las van nieoordraagbare siektes te kampe.
Dié siektes staan as leefstylsiektes bekend en sluit in: diabetes, kanker, kardiovaskulêre siektes en beroerte.
Die departement van gesondheid moedig Suid-Afrikaners aan om te oefen en die gebruik van tabak te vermy. Om die risiko van nieoordraagbare siektes verder hok te slaan, moet landsburgers ook ’n gesonde dieet volg en die gebruik van alkohol vermy.
Die departement lei van vandag af ’n veldtog om gemeenskapsgebaseerde gesondheid te versterk.
Die veldtog het onder meer ten doel om die gesondheid en welstand van Suid-Afrikaners te bevorder deur gereelde siftingstoetsing, die navolging van bekostigbare fisieke aktiwiteit en gesonde eetgewoontes aan te moedig.
Lede van die gemeenskap kan beter beheer oor hul gesondheid hê deur ’n ondersoek by hul naaste gesondheidsdiensverskaffer te laat doen.
Vir meer inligting en opvoeding oor nieoordraagbare siektes besoek health.gov.za/non-communicable-diseases.