’n 30-jarige man is in hegtenis geneem vir die aanranding van ’n vrou, waar dit ontdek is hy is ook ’n gesoekte verdagte in ’n verkragtingsaak. Foto: iStock


Die vinnige optrede van ’n polisiekaptein het daartoe gelei dat ’n vermeende verkragter in hegtenis geneem is nadat hy ’n vrou in ’n winkelkompleks in Welkom aangerand het.

Terwyl hy ’n vergadering op 4 Maart bygewoon het, het die Welkom K9-bevelvoerder ’n noodoproep ontvang oor ’n moontlike bankroof by een van die winkelsentrums in Welkom.

Die beampte het vinnig op die inligting gereageer en al die nodige polisie-eenhede gemobiliseer. Met aankoms by die winkelsentrum het die polisie ontdek dat dit ’n rusie tussen ’n egpaar in die bank was, en ’n 30-jarige man wat ’n 28-jarige vrou aanrand. Die man is vir aanranding in hegtenis geneem.

Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die man ’n gesoekte verdagte is en ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming vir ’n beweerde verkragting in Welkom in Januarie 2023 is uitgereik. Die verdagte is summier in hegtenis geneem, en aangehou vir aanranding en verkragting.

You need to be Logged In to leave a comment.