Die Protea-volkspelelaer oefen elke Dinsdag om 19:00 in die NG Moedergemeente Welkom se saal, op die hoek van Arrarat- en Staatsweg.


Die Protea-volkspelelaer oefen elke Dinsdag om 19:00 in die NG Moedergemeente Welkom se saal, op die hoek van Arrarat- en Staatsweg.

“Ons verwelkom besoekers by ons weeklikse oefeninge, en alle belangstellendes word genooi om aan ons oefenaande deel te neem,” sê Ollie Olivier, laerleier.

Besoekers hoef nie in besit van volkspeledrag te wees om aan ’n oefening deel te neem nie.

“Ons is ’n nie-winsgewende organisasie, en dit is ontspanning vir die hele gesin,” sê Olivier.

Vir meer inligting bel 082-775-6420, 076-339-6418 of 082-378-4700.

Toegang word voorbehou.

You need to be Logged In to leave a comment.