Landelike veiligheidskoördineerders en boere, gereed om te dien en te beskerm tydens ’n gesamentlike optrede in Bultfontein.Foto: SAPD


’n Landelike veiligheidsoperasie is deur Bultfontein, Hoopstad en Wesselsbron se landelike veiligheidskoördineerders en boere gehou.

Die doel van dié optrede wat op 22 April van 22:00 tot 00:00 plaasgevind het, was om vee- en koperdiefstal te voorkom en om stop-en-deursoeking-optredes te hou.

Polisielede in aksie tydens ’n voertuigkontrolepunt in Bultfontein.Foto: SAPD

Polisie deursoek voertuie en trokke tydens ’n gesamentlike optrede by Bultfontein. Foto: SAPD

Buiten beter sigbaarheid van polisielede, was misdaadbekamping suksesvol uitgevoer en nege persone en nege voertuie is deursoek.

Geen veediefstal is tydens en ná die operasie aangemeld nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025