’n Jong krieketspeler van Welkom het ’n dubbele slag geslaan toe hy vir die Hoërskool Fichardtpark se Kovsie Smash T20-toernooi as kaptein van sy o.14-span, die Guardians, gekies is en boonop as speler van die wedstryd aangewys is. Vian Boardman, ’n leerling aan die Goudveld-Hoërskool, is ná die toernooi gekies vir die span wat in Julie na Nederland sal toer. Die toernooi is deur die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein aangebied, en spelers van 16 skole van oor die land heen het deelgeneem.