Bokkie, it is evident that the past three years have presented considerable challenges, and I am cognisant of the hardships and sad experiences you have faced. The workplace, which should be a source of fulfillment, had become a significant contributor to your declining health. The Matjhabeng community has lost a devoted soldier, one whose passion and love for the people will be impossible to replace. Throughout your service, you demonstrated honour and prioritised the needs of the people, though some mistakenly perceived your zeal as arrogance. Your dedication to the badge and the community is a testament to your character. Following my last visit to Matjhabeng RH, I was struck by the realisation that the end was imminent, and as we said our goodbyes, it was clear that this would probably be our last encounter. Go well, Kakapa

Bokvel Pietersen se skielike dood laat ‘n diep leemte. Sy nagedagtenis sal vir altyd deel bly van Matjhabeng se geskiedenis, veral die harte van die gemeenskappe van Welkom en Bronville waarin hy so ‘n groot rol gespeel het.

‘n Man van beginsels

Pietersen (61) is Saterdag 15 November, ná ‘n kort siekte oorlede. Hy was vir amper 30 jaar die “gewete”van Matjhabeng, ‘n man wat nie grys gesien het nie. Dit was óf reg óf verkeerd. Hy het onwrikbaar gestaan vir geregtigheid en het korrupsie, onwettigheid en kriminaliteit met passie en ywer beveg.

Pietersen was vir sy regverdigheid in alle situasies bekend. Dit was die rede waarom hy nie geliefd was onder korrupte politici en werknemers van die Matjhabeng-munisipaliteit nie. Verskeie burgemeesters het hom geskors weens sy ondersoeke na hul doen en late.

Bokvel Pietersen het graag tyd met sy familie spandeer. Hier is hy saam met sy seun, Xadian (links) op ‘n geleentheid afgeneem,

Hy was ‘n polisieman en sy werk en toewyding by die Matjhabeng Veiligheids- en Sekuriteitsafdeling, asook sy skerp ondersoekvermoëns, het vir hom bekendheid en respek onder geregsdienaars verdien. Sy ondersoeke na onwettige mynbou en die beskadiging van infrastruk-tuur, veral koperdiefstal, het hom wye bekendheid verwerf.

Hy was oor die jare verantwoordelik vir die inhegtenisneming van menige booswigte wat Matjhabeng se infrastruktuur beskadig het.

Liefde vir sy gemeenskap

Pietersen was lief vir die mense van die Goudveld en het veral Bronville op sy hart gedra.

Sy vrou Yolandie sê die mense van Bronville het oor die jare menigmaal gevra hy moet as raadslid staan.Hy het egter gesê hy kan meer vir die mense doen in die pos, wat hy by die munisipaliteit beklee het. Maar sy familie was altyd die belangrikste vir hom.

“My man was ‘n goeie mens en het goed vir sy familie gesorg. Ons het altyd eerste gekom, en nou is hy skielik van ons weggevat.”

Klein Zairah se doopdag was ‘n trotse dag vir Bokvel Pietersen. Saam met hom is sy vrou Yolandie (regs) en sy dogter Xania.

Altyd beskikbaar vir ander

“Of hulle in die dag gebel het, of in die nag, hy het nie gehuiwer om te help nie. Hy het nooit mense weggewys nie.”

Pietersen word oorleef deur sy vrou, Yolandie, vyf kinders en vyftien kleinkinders. Pietersen word Saterdag om 10:00 vanuit die Nuwe Apostoliese Kerk in Bronville begrawe. Hy word in die Bronville-begraafplaas ter ruste gelê. Yolandie sê roubeklaers kan reeds om 07:00 Saterdag by die huis in Kerkstraat 14, Doorn, hulle meegevoel kom betoon. Die roubeklaers sal daarna na die kerk in Bronville beweeg.om die diens wat om 10:00 begin, by te woon.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 11 December 2025
    Vista Edition 11 December 2025

Gift this article