Die Noord-Vrystaat-cliviaskou word op 10 en 11 September in die saal van die NG kerk Welkom Moedergemeente in Stateway gehou.
Saterdag sal die deure van 08:00 tot 16:00 oop wees en Sondag van 09:00 tot 13:00.
’n Teetuin met eet- en drinkgoed sal oop wees.
’n Groot verskeidenheid plante met blomme sal vertoon word, wat Chinese breëblaarplante insluit. Verskeie plante word ook uitgeloot, en plante sal verkoop word.
Skakel 083-663-0046 of 083-407-5563 vir meer inligting.