Geen lapsus bly lank verskuil in persoonlike tronk van verwaandheid

“Ge­seënd is dié wat treur want hulle sal vertroos word” – Matteus 5:4.


“Ge­seënd is dié wat treur want hulle sal vertroos word” – Matteus 5:4

Ons hoor dikwels van mense wat hul lewe verhard wanneer iets verkeerd loop.

Miskien was jy ook al verkeerdelik geoordeel en moes ’n straf of kritiek dra. Dit is nooit maklik om te vergewe as jy moet boet vir jou oortredinge.

Aan die eenkant kan jy jou straf uitdien as jy in die tronk was, maar aan die ander kant kan jy nog steeds in ’n tronk van hoogmoed leef en nie vry wees van haat en skuldgevoelens in jou lewe.

Die mens kan vryspraak in die wêreld ervaar maar in sy eie lewe beleef hy nog die sondelas van skuldgevoelens.

Soms is dit nodig dat ons in ’n spieël kyk en die gevangene in jou lewe raaksien.

Bely, sê jy is jammer, vergewe en word vry van jou skuldgevoelens. In 1 Joh. 1:9 lees ons: As ons, ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Om te treur oor sonde is ’n genade-uitvloeisel van ’n gees wat van God afhanklik is.

Daar is ’n Vader in die hemel wat ons graag wil en sal vertroos as ons Hom net met ons lewe, ons krisisse en ons mislukkings vertrou.

Hoe heerlik is dit nie om arms van vergifnis en troos om jou gebroke lewe te ervaar nie.

Woorde van vergifnis en tere aanrakings bring genesing in jou menswees.

Hoor God se stem in jou lewe en neem sy uitnodiging aan en breek uit jou tronk­lewe van hoogmoed. Ons lees in Matteus 11: 28: “Kom na My toe, jy wat moeg en oorlaai is en ek sal jou rus gee . . .Ek sal

jou vertroos”) Ds. Philip McLaren is leraar aan die NG kerk Bedelia.

You need to be Logged In to leave a comment.