Die tema waarvolgens die Vrouelandbou-unie (VLU) in die Vrystaat 2023 aanpak, is “Jy is genoeg”. Die Welkom-tak van die VLU het met hierdie boodskap teddiebeertjies aan al die gr. 1-leerlinge van die Naudeville Primêre Skool oorhandig. Saam met die leerlinge is agter van links Christy-Lee du Plessis, Melanie Phytides, Lezandi Naude, Annette van der Merwe (VLU), Elsie Botha (voorsitter van die VLU), Sally Zwiegelaar (VLU), Gerda Barnes (VLU) en Nalita van Rooyen. Foto: Verskaf