Vanda Gagiano is verkies tot voorsitter en sekretaresse vir die reëlingskomitee van die volgende kongres.


Lede van die Welkom-tak wat uitgeblink het, is van links Anneke van der Hoff, Sarie Maartens, Desiree Korb en Elsie Botha (eerste plek vir skinkbordlap).Foto’s: Verskaf

Elsie Botha met die trofee wat sy vir haar eerste plek behaal het.Foto: Verskaf

Die driejaarlikse kongres van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue het van 17 tot 25 Mei in Maleisië plaasgevind. Dit is bygewoon deur 460 vroue van 90 lande.

Naaldwerk-artikels, ’n skoensak en skinkbordlap, is deur vroue uit hierdie 90 lande ingeskryf.

Die lede van die Welkomtak het besonder goed gevaar. Elsie Botha het ’n eerste plek vir haar skinkbordlap gekry. Nog drie taklede het ook pryse ontvang.

Vanda Gagiano is verkies tot voorsitter en sekretaresse vir die reëlings­komitee van die volgende kongres wat oor drie jaar gaan plaasvind. Gagiano het ook ’n eerbewys ontvang vir haar bydrae tot die 2023-kongres.

You need to be Logged In to leave a comment.