Eskom het aangekondig dat geen fase 6-beurtkrag Vrydag toegepas sal word nie.
Fase 6-beurtkrag sou van 18:00 Vrydag ingestel word.
Eskom sê die laer as verwagte fase is omdat die vraag na krag oor naweke laer is. Vanaand sal fase 4 tot 22:00 geld. Van 22:00 tot Saterdag 07:00 sal fase 2 geld. Vir die res van die naweek sal fases 4 en 2 mekaar afwissel.
Beurtkrag het soos volge verander: Vrydag 18:00 tot 22:00: fase 4
Vrydag 22:00 tot Saterdag 07:00: fase 2
Saterdag 07:00 tot 22:00: fase 4
Saterdag 22:00 tot Sondag 07:00: fase 2
Sondag 07:00 tot 22:00: fase 4
Daar is geen nuwe inligting oor die loononderhandelinge wat Vrydag gehou is nie, maar Eskom het die werkers wat onder moeilike omstandighede vir werk opgedaag het, bedank.