Verskeie sakelui, verteenwoordigers van kerke en lede van die gemeenskap het op Vrydagaand 7 Junie ’n geselligheid bygewoon waar Engo met die gemeenskap sy werksaamhede in die Goudveld en die Vrystaat gedeel het.
Engo het ook die gemeenskap van die Goudveld bedank vir hul steun aan Engo.
Engo het vier jeugsorgsentrums in Welkom (Welkom, Merafong, Welriedal-seuns en Welriedal-meisies), een jeugsorgsentrum in Virginia (Maanblom) en een in Kroonstad (Presidentia). Daar is ’n gesinsorgkantoor in Welkom en Virginia en een bejaardesorgsentrum in Welkom (Huis Ougoud).
Engo se aannemingsdiens se kantoor is in Bloemfontein, maar die kantoor behartig aannemings oor die hele Vrystaat heen.
Van die projekte wat Engo aanbied wat die publiek kan ondersteun, sluit in:
- Die Engo Projek van Hoop word aangebied in samewerking met Sentraal 24, Renault Bloemfontein en Evolve Audit and Advisory. ’n Splinternuwe Renault Kwid Life ter waarde van R196 999 kan gewen word. Om te kwalifiseer, kan skenkings van R30 gedoen word. Mense wat skenk kwalifiseer ook elke maand vir ’n gelukstrekking om R1 000 te wen. Die sluitingsdatum is 15 November. Kaartjies kan by enige Engo-kantoor of sentrum gekoop word asook op engo.co.za.
- Die Happy Feet-projek is ook aan die gang. Weldoeners kan hul naaste Engo kinder- en jeugsorgsentrum of gesinsorgkantoor kontak en Happy Feet-wenskaartjies vra. Op elke kaartjie het ’n kind in die jeugsorgsentrum of ’n pleegsorgkind sy wens aangedui vir ’n paar nuwe skoene. Koop die skoene en handig dit by die sentrum of kantoor in.
- Engo vier op 25 Oktober Omgiedag. Koop ’n plakker by enige Engo-kantoor of -sentrum in die Goudveld teen R20 per volwassene of R10 per kind. Besighede kan deelneem teen R1 000 per besigheid (’n onbeperkte aantal personeel kan deelneem). Die tema is “Verf die dorp blou” en almal word aangemoedig om op die dag blou aan te trek.
- Vir meer inligting oor projekte, kan die volgende kantore gekontak word: Engo Kinder en Jeugsorg – Welkom: 066-121-3111;) Engo Gesinsorg Welkom: 060-867-8505;) Huis Ougoud: 057-353-2946; en) Engo Gesinsorg Virginia: 057-150-0031.
Vir inligting stuur ’n e-pos na info@engo.co.za of gaan na engo.co.za.