‘n Man is vir kaping en die roof van ‘n groot aantal sigarette en tabakprodukte in Welkom in hegtenis geneem. Foto: Niu Niu/Unsplash


’n Man is vir kaping en die roof van ’n groot aantal sigarette en tabakprodukte in Welkom in hegtenis geneem.

Lede van die Welkom-polisie se K9-eenheid is op 1 Augustus ingelig oor ’n kaping wat blykbaar in Jasonsweg in Riebeecksta­d, Welkom, plaas­gevind het.

Die polisie het saam met ’n private sekuriteitsmaatskappy ’n soektog begin, en die gekaapte voertuig is hierna in die Thubelitsha-gedeelte van Thabong gevind.

Al die voorraad is uit die voertuig verwyder.

Later is ’n tweede voertuig in Mashelestraat in Oppenheimer Park, Thabong, met die ge­steelde voorraad daarbinne, gevind.

’n Buitelander (43) is vir kaping en die besit van vermoedelik gesteelde artikels in hegtenis geneem.

You need to be Logged In to leave a comment.