- Die eerste groep van 10 000 polisie-rekrute is afgehandel
- n Groep van 4 500 leerlinge het op 22 April vir opleiding by die verskillende SAPD-akademies aanmeld
- Die tweede groep van 5 500 rekrute sal in Januarie 2025 met opleiding begin
Die werwing en keuringsproses van die eerste groep van 10 000 polisie-rekrute is afgehandel, en ’n groep van 4 500 leerlinge het op 22 April vir opleiding by die verskillende SAPD-akademies aanmeld.
Die tweede groep van 5 500 rekrute sal in Januarie 2025 met opleiding begin; hierdie proses moet nog afgehandel word.
Aansoekers word voortaan versoek om geduldig te wees en op kommunikasie van SAPD te wag.
Vir die 2024/2025-werwing het die polisie meer as 1 miljoen aansoeke ontvang.
Almal wat al die werwingsfases ondergaan het en suksesvol was, sal skriftelik in kennis gestel word om vir opleiding aan te meld.
“Die werwing en keuring van geskikte kandidate wat aan al die basiese vereistes voldoen, is van kardinale belang vir die voortgesette sukses van die werk en mandaat van die SAPD. Finale keuring is gebaseer op meriete en die proses is vry van vooroordeel, nepotisme en diskriminasie,” sê kapt. Stephen Thakeng, polisie-woordvoerder in Lejweleputswa.
By die voltooiing van die Basiese Polisie-ontwikkelingsleerprogram (BPDLP), sal die nuut opgeleide konstabels polisiëringskapasiteit by hoë-misdaadstasies, speureenhede en gespesialiseerde eenhede – soos Openbare Orde Polisiëring (POP’s) versterk.
“Drie jaar gelede het pres. Cyril Ramaphosa gevra vir verbeterde polisiepersoneelkapasiteit om misdaad te bekamp. Dit het die polisie aangemoedig om ’n kragtige nasionale werwing- en keuringsproses bekend as Projek 10 000 te onderneem,” sê Thakeng.
Die polisie het die afgelope twee jaar 20 000 polisiebeamptes opgelei en na stasies en eenhede ontplooi om polisiëring en pogings om misdaad te voorkom en te bekamp te versterk.