Woensdag (29/06) het drie gewapende aanvallers die sakeperseel betree en die slagoffers, asook twee klante, opdrag gegee om op die vloer te lê.

SAPS

Een buitelander is ontvoer en nog een is in die been geskiet toe drie gewapende rowers hul onderneming, SS Supershop in Odendaalstraat, Odendaalsrus, aangeval het.

Woensdag (29/06) het drie gewapende aanvallers die sakeperseel betree en die slagoffers, Tahwidul Islam (23), Salla Udin MD (38) en Gewel Mossarf Hussain (34), asook twee klante, opdrag gegee om op die vloer te lê. Hulle het die onderneming beroof en toe probeer om die slagoffers by ’n gesteelde voertuig, wat buite geparkeer was, in te dwing. Een van die slagoffers het daarin geslaag om in die winkel te bly, terwyl die ander een in die been geskiet is toe hy geweier het om in die voertuig te klim. Sowat agt skote is afgevuur.

Die ontvoerders het die 23-jarige man in die voertuig gedwing en van die toneel gevlug.

Die 38-jarige gewonde slagoffer is op die toneel behandel en toe na die hospitaal geneem. Die klante was ongedeerd en het van die toneel gevlug.

’n Gyselaar-onderhandelaar het met die ontvoerders gekommunikeer. Hulle het aanvanklik R100 000 geëis en gedreig om die slagoffer dood te maak.

Hy is Donderdagmiddag vrygelaat nadat ’n losprys van R25 000 betaal is.



You need to be Logged In to leave a comment.