Die dwelms was in die voertuig versteek. Foto: SAPD


Lede van die Welkom K9-eenheid het op dwelms van meer as R200 000 beslag gelê.

Terwyl lede van die misdaadintelligensie-eenheid Vrydag ’n padversperring by ’n verkeerslig in Koppie Alleen-weg in Welkom, op pad na Riebeeckstad, bedryf het, het die K9-eenheid ’n bekende dwelmhandelaar in ’n wit Toyota Tazz met Vrystaatse nommerplate opgemerk.

Die polisielede het die voertuig deursoek en 509 g tik en 99 g kokaïen-kristale van R251 700 gevind.

’n Man (38) is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem en sou Maandag na verwagting in die Welkomse Landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.