Drie mans skiet Chinese vrou dood

Die Welkom-polisie soek na drie onbekende swart mans wat ‘n Chinese vrou (47) koelbloedig dood geskiet het toe sy ná werk by haar huis in Dagbreek, Welkom, aangekom het.


Die Welkom-polisie soek na drie onbekende swart mans wat ‘n Chinese vrou (47) koelbloedig dood geskiet het toe sy ná werk by haar huis in Dagbreek, Welkom, aangekom het.

Dinsdagaand  (12/07) omstreeks 19:00 het die vrou by haar erf in Tempestweg ingery toe sy deur die gewapende boewe wat haar by die hek ingewag het, gekonfronteer is.

“Een van die verdagtes het na bewering die hek versper en die ander twee het haar in die binnehof ingevolg waar hulle haar toe vasgekeer het terwyl sy nog in haar voertuig was,” sê kapt. Stephen Thakeng, Lejweleputswa-mediaskakelbeampte.

Thakeng sê hulle het die motorruit stukkend geslaan en geëis dat sy die kontant oorhandig. Sy het na bewering die voertuig in trurat gesit en probeer vlug. Hulle het op haar begin skiet en sy is noodlotig gewond. Die drie verdagtes het hierna gevlug.

Die polisie ondersoek moord en poging tot roof. Hulle doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat sal help om die verdagtes in hierdie saak op te spoor. Bel vir Speur.Sers. Tsie Matlokotsi by 078-758-5658 of die Polisie-noodnommer 08600 10111 met inlgiting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.