Vanjaar word die Ysbeerswem-uitdaging op drie verskillende plekke in die Vrystaat en Noord-Kaap aangebied.
Matjhabeng is eerste aan die beurt, Saterdag (24/06) by Aldam by Ventersburg. Dié geleentheid word die Groot Swem genoem, en begin om 12:00 in die Willem Pretorius-wildreservaat, waar ’n dagtemperatuur van 8 °C verwag word. Op 1 Julie word die tweede geleentheid by Doringbosplaas by Bloemfontein gehou, en die laaste is op 23 Julie by Rogge Cloof in Sutherland.
Toegang by Aldam kos R100 per motor, wat aan die Rotary-klub in Odendaalsrus geskenk word. Inskrywing om te swem kos R100 per persoon. Volkleurmedaljes is op die spel.
’n Middernagswem word ook gedoen, by elk van die drie geleenthede, waar ook ’n geskenkpakkie en spesiale medalje op die spel is. Ander pryse kan ook gewen word, soos vir die beste gees en in ’n gelukkigstrekking.
Bel Felix Burri by 082-851-4584.