Die Goudveld se Louis Fourie (links) en Louis Massyn het die afgelope naweek in Groot Brittanje die Londen-marathon London Marathon voltooi. Hulle is nou op pad na Amerika die VSA vir die Chicago-marathon Marathon dié naweek (09/10). Foto: Verskaf

Verskaf

Die Goudveld se eie marathon-legende, Louis Massyn, en sy spanmaat, Louis Fourie (Klein Massyn), het albei hul heel eerste Londen-marathon aangedurf.

Die wegspringpunt Sondag (02/10) was by Greenwich-park in dié Britse stad. Albei van hulle vlieg vandag (06/10) vanaf Groot Brittanje na Amerika vir die Chicago-marathon op 10 Oktober.

Sedert Massyn in 1973 sy eerste Comrades-wedloop gehardloop het, het hy 47 van hierdie wedlope kafgedraf. Hy het aanvanklik nie een wedloop misgeloop nie, maar moes deelname vanjaar egter oorslaan weens ’n knie-operasie wat hy ondergaan het. Sy doelwit is om 50 hiervan te voltooi.

“Die knie voel goed ná die operasie. Die wedloop was ongelooflik, en die toeskouers langs die roete was baie opgewonde. Ek het reeds die New York City-, Berlyn- en Boston-marathon gedoen, en ek hoop om volgende jaar (Maart 2023) my sesde Tokio-marathon te voltooi,” sê Massyn.

Hierdie was Fourie se eerste van ses wedlope. Hy het homself gate uit geniet, en dit was sy beste ervaring nog in enige marathon, sê Massyn.

Fourie se tyd was net oor die vyf uur. Massyn het saam met Leoni Stander van Kaapstad, ’n goeie hardloopmaat, gedraf.

“My tyd was net onder ses uur (05:53). Ons het baie stadig gedraf as gevolg van my knie-operasie,” sê Massyn vanuit Londen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025