Dosent (28) van Welkom steeds vermis

Drie verdagtes het in die Virginia-landdroshof in verband met die kaping en ontvoering van ’n dosent van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se Welkom-kampus verskyn.

Khatliso Edwin Makhetha (28) van Meloding, Virginia, is op 5 Mei in sy swart Ford Fiesta gekaap en ontvoer. Die polisie soek hom steeds.Foto: SAPD


Drie verdagtes het in die Virginia-landdroshof in verband met die kaping en ontvoering van ’n dosent van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se Welkom-kampus verskyn.

Khatliso Edwin Makhetha (28) van Meloding, Virginia, is op 5 Mei in sy swart Ford Fiesta gekaap en ontvoer.

Die verdagtes wat teregstaan op aanklagte van ontvoering en kaping nadat hulle in Junie in hegtenis geneem is, is Mokhali Albert Lekesi (37), Mosebi Mahajane (43) en Yonela Samacala (25). Hulle het borgtog laat vaar en die saak is tot Woensdag 12 Julie vir verdere ondersoek uitgestel.

Makhetha se voertuig is in Lesotho gevind en twee insittendes is in hegtenis geneem vir die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig. Hulle wag steeds op uitlewering aan Suid-Afrika.

Die ondersoekspan gaan voort met die soektog na Makhetha.

You need to be Logged In to leave a comment.