Dood van geliefde word só verwerk

,

Die pyn ná die dood van ‘n geliefde is vir almal moeilik om te verwerk. ‘n Seminaar oor hoe om dié seer te hanteer, word van Sondag 6 April af […]

How stuff works

Die pyn ná die dood van ‘n geliefde is vir almal moeilik om te verwerk.

‘n Seminaar oor hoe om dié seer te hanteer, word van Sondag 6 April af deur past. Wally Compton aangebied.

Compton sê vir buitestanders is dit soms moeilik om te begryp waarom mense wat ‘n huweliksmaat, kind, familielid of selfs ‘n vriend aan die dood afstaan, sukkel om die emosionele pyn te verwerk.

Compton sê vir buitestanders is dit soms moeilik om te begryp waarom mense wat ‘n huweliksmaat, kind, familielid of selfs ‘n vriend aan die dood afstaan, sukkel om die emosionele pyn te verwerk.

Grief Share is ‘n ondersteuningsgroep waar mense die geleentheid gebied word om saam met ander die golwe van emosionele pyn oor die verlies van iemand na aan hulle te trotseer.

Daar word onder meer DVD’s oor die onderwerp vertoon, en persoonlike insette oor emosionele oorwinning word gelewer.

Hierdie sessies word dan opgevolg deur groepbesprekings, waartydens almal hul pyn en ervarings kan deel.

Die seminaar, wat oor 13 weke strek, sal elke Sondag van 16:00 tot 18:00 by die Erfdeelgemeente in Riebeekstad aangebied word.

‘n Inligtingsessie sal op 6 April om 16:00 in die lesingsaal van die kerk gehou word.

Belangstellendes kan Compton by 083 765 6621 kontak vir meer inligting, of tydens kantoorure (van 09:00 tot 13:00) by 057 388 3186.

Categorised:,

You need to be Logged In to leave a comment.