Pyn ná die dood van ’n geliefde is moeilik om te verwerk.
’n Seminaar oor hoe om die dood van ’n geliefde te hanteer, word van 2 April af deur past. Wally Compton en Dickie Prior aangebied.
Compton sê vir buitestanders is dit soms moeilik om te begryp waarom mense wat ’n huweliksmaat, kind, familielid of selfs ’n vriend aan die dood afstaan, sukkel om die emosionele pyn te verwerk.
Grief Share is ’n ondersteuningsgroep waar mense die geleentheid kry om saam met ander die golwe van emosionele pyn oor die verlies van iemand na aan hulle te trotseer.
Daar word onder meer DVD’s vertoon, en persoonlike insette oor emosionele oorwinning word gelewer.
Die sessies word opgevolg deur groepbesprekings waartydens almal hul pyn en ervarings kan deel.
Die seminaar, wat oor 13 weke strek, sal elke Sondag van 16:00 tot 18:00 by die Erfdeelgemeente in Riebeekstaad aangebied word.
’n Inligtingsessie sal op 2 April om 16:00 in die lesingsaal van die kerk gehou word.
Vir meer inligting kontak Compton by 083-765-6621 of Prior by 084-201-0298, of tydens kantoorure van 09:00 tot 13:00 by 057-388-3186.