Wat praat jy?

Afrikaners het ’n manier om dié vraag te vra wanneer iemand iets vertel wat ongeloofwaardig of onverwags is.

Die Bybel het ook ’n manier om daarop te wys dat wat ek praat, nie net ’n verskil in my lewe kan maak nie, maar ook in die lewe van ander.

Dawid bid in Psalm 19:14 dat die woorde van sy mond en die oordenking van sy hart welbehaaglik sal wees voor die aangesig van die Here.

As Christene moet ons besef dat ons woorde krag het.

In Spreuke 18:21 leer ons dat die dood en die lewe in die mag van die tong lê.

Ons lees ook hier dat woorde die krag het om dood te maak, maar ook om lewe te gee.

Jou woorde verklap wie jy is.

In Mattheüs 15:11 lees ons dat dit wat in die mond ingaan, nie die mens onrein maak nie, maar wel dit wat uit die mond uitgaan.

Ons woorde beïnvloed ander.

Ons moet teen verwarrende en sorgelose spraak en vuil, ydele woorde waak.

In sy skrywe maan Jakobus ons om gou te wees om te hoor, stadig om te praat en stadig om toornig te word.

In 1 Petrus 4:11 lees ons van God se verwagting van ons: As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God.

Ons moet Jesus se voorbeeld volg.

In Johannes 6:63 lees ons: “Die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.”

Laat ons woorde spreek wat God verteenwoordig, lewe gee, opbou en bemoedig.) Past. Marius Swart is leraar aan die AGS Welkom-Noord se Damaskus-gemeente.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025