Suid-Afrikaners word elke jaar van 25 November tot 10 Desember opgeroep om hulle vir die beëindiging van geweld teen vroue en kinders te beywer.

iStock

Antoinette Schoeman, Riebeeckstad:

Steeds word daar elke dag kinders en vroue vermoor.

Vroue en kinders is God se edelgesteentes. Suid-Afrikaners word elke jaar van 25 November tot 10 Desember opgeroep om hulle vir die beëindiging van geweld teen vroue en kinders te beywer.

Dit is ’n tyd waarin gesinsgeweld, seksuele misbruik en die brutale uitbuiting van die weerloses in ons samelewing baie aandag verdien.

Die media maak ’n ophef daarvan, aktiviste swaai baniere en ’n paar politici sê die regte goed vir kiesers.

Maar is dit genoeg?

Doen ons as gemeenskap genoeg vir hulle wat gebuk gaan onder hierdie omstandighede? Word slagoffers werklik bemagtig?

God het aan elke vrou ’n mengsel van krag en oorlewingsvermoëns, ervaring en insig gegee.

Ek sal elke dag bid vir elke vrou en kind. Ek gaan ’n verskil probeer maak en ek glo daar is baie gelowiges wat dieselfde gaan doen.

Liefde is al wat ons kan aanbied, maak nie saak in watter vorm nie – dit is die enigste manier hoe ons mekaar se nood verlig. Kom Goudvelders, kom ons vat hande en maak ’n verskil in elke slagoffer se lewe.

Doen ons as gemeenskap genoeg vir hulle wat gebuk gaan onder helse omstandighede?

You need to be Logged In to leave a comment.