Dissiplineer kinders sonder om lyfstraf toe te pas

Jy kan ’n kind dissiplineer sonder om hulle te slaan.


Jy kan ’n kind dissiplineer sonder om hulle te slaan.

Ouers kan hul kinders met invloed dissiplineer deur logiese gevolge te verduidelik en duidelike grense vir gedrag te stel.

“ ’n Ouer moet nooit hul mag met fisieke straf afdwing nie. As jy leer om effektief te kommunikeer en grense te stel, sal jou teleurstelling in hul gedrag straf op sigself wees,” sê Karen Badenhorst, ’n maatskaplike werker en internasionaal gesertifiseerde ouerskap- en persoonlike/professionele ontwikkeling-afrigter.

Sy het die Motor Industry Staff Association (MISA), in ’n webinaar toegespreek as deel van ’n reeks wat die vakbond se meer as 65 000 lede tydens die Nasionale Kinderbeskermingsweek opgevoed het. Vanjaar se tema is “elke gesprek maak saak.”

MISA het Badenhorst gevra om ouers te bemagtig met alternatiewe om hul kinders te dissiplineer nadat ’n pa (36) ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar gevangenisstraf in die Pretoriase streekhof opgelê is omdat hy sy dogter (7) met ’n gordel geslaan het.

Die pa van Centurion het sy dogter gedissiplineer nadat sy ’n tantrum gegooi het.

Hy het op dieselfde manier gestraf as wat hy as kind gestraf is, sonder om te weet dat dit ongrondwetlik is om ’n kind te slaan.

Sy vervreemde vrou het hom aangemeld vir die aanranding van al drie sy kinders nadat sy ’n blou merk op die liggaam van die oudste dogter gesien het. Hy het skuld beken op drie aanklagte van aanranding.

Badenhorst sê kinders moet geleer word dat konflik normaal is in enige verhouding, maar nie giftig of vernietigend nie. Sy het die drie metodes om konflik te hanteer verduidelik.

Outoritêre ouers is baie streng met baie reëls. Die ouer moet altyd geweld gebruik om die resultaat te kry en daarna te beloon.

Die gevolg is dat die kind die ouer vermy en vererg omdat hy nie ’n stem het nie.

“Hierdie kind sal terugbaklei en aggressief raak en ’n boelie by die skool wees omdat die kind by die huis geboelie voel.

“Baie kinders onderwerp hulle aan hierdie soort ouer, maar ontwikkel nooit ’n goeie selfbeeld nie, en word ’n mense-plesier.”

“Daar is ’n verskil tussen strawwe en die verduideliking van logiese gevolge. Ouers behoort nie die bron van gevolge te wees nie. Die lewe en werklikheid sal die gevolge van die optrede van ’n kind uitsorteer. Verander die woord dissipline met invloed.”

Volgens Badenhorst laat permissiewe ouers net die kind wees. Hierdie kind word onhanteerbaar en problematies, die kind voel ongeliefd.

Sy glo dat ouers die wen-wen ouerskapstyl moet volg, met wedersydse respek en oorweging deur kreatiewe samewerking tussen ouer en kind.

“Gebruik woorde, kom ons sit koppe bymekaar om planne te maak vir ’n wen-wen-oplossing. Luister na die kind se onvervulde behoeftes en deel jou onvervulde behoeftes. Laat die kind toe om oplossings op die tafel te sit voordat jy jou oplossings deel. Daar moet grense en begrip wees. Evalueer en vind ’n oplossing wat vir albei aanvaarbaar is.”

Volgens Badenhorst het elke kind ’n basiese behoefte aan oorlewing, vryheid, krag, liefde, om te behoort en pret.

“Hulle wil hê ons moet tyd saam met hulle deurbring. Laat altyd ’n kind toe om te praat.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.