Dis hoe Riebeeckstadters soggens wakker word. 42 inbrake by voertuie of wiele wat gesteel word sedert Januarie.

Supplied

Keelvol, Riebeeckstad:

Die eerste ding wat ’n mens gewoonlik doen wanneer jy opstaan, is om koffie te gaan maak.

Dis hoe Riebeeckstadters soggens wakker word. 42 i

Dis hoe Riebeeckstadters soggens wakker word. 42 inbrake by voertuie of wiele wat gesteel word sedert Januarie.

Nie in Riebeeckstad nie. Nee, hier gaan kyk jy eers of jou kar se bande nie dalk gedurende die nag afgesteel is en nou op vier bakstene staan nie.

Riebeeckstadters word sedert die begin van die jaar geteister deur “banddiewe” wat nou al so waaghalsig geword het, dat hulle Maandagoggend omstreeks 03:00 sommer ’n motor se bande in ’n toe motorhuis gesteel het.

Ongelukkig het ek nie meer al die statistieke nie, maar net die afgelope twee of drie weke is vier motors se bande in erwe afgesteel.

Daar is beslis ’n mark vir die gesteelde bande en dit het dalk tyd geword dat meer aandag gegee word aan diegene wat bande op straat te koop aanbied.

Dit is ook maklik vir buitestanders om te oordeel en te sê voertuie moet agter geslote deure in motorhuise gehou word.

Dit is nie altyd moontlik nie. Nogtans, dit gee niemand die reg om jou erf te betree en jou besittings te steel nie.

Ons betaal reeds enorme bedrae om ons eie veiligheid te probeer verseker en dra fluks by om sodoende deur middel van BTW baie geld in die staatskas in te sit.

Hulle het gisteraand my wiele vanuit my geslote ga

Hulle het gisteraand my wiele vanuit my geslote garage gesteel. Wees versigtig. So het een keelvol inwoner op ‘n polisie groep op WhatsApp geskryf

Ons betaal belasting, ons betaal vir sekuriteit, ons leef in tronke. Ons het die staat se dienste oorgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.