Die Eskom-substasie in Bellevueweg Riebeeckstad, is twee keer in minder as twee weke van koperkabels beroof, wat krag- en watertoevoer na die buurt beïnvloed het.

Madli Grobbelaar

Inwoners
van die woonbuurt Riebeeckstad, buite Welkom, is raadop met die voortslepende
water-  en kragkrisis, wat inwoners van
dié buurt bykans weekliks op hulle knieë dwing.

Slegs twee
weke nadat koperkabeldiewe  ? Eskom-substasie
in Riebeeckstad geplunder het, is daar Maandagaand (25/07) omstreek 21:30 weer
kabels by dieselfde substasie gesteel.

Na  bewering het 10 swaargewapende mans, 15
lengtes kabel  van 25 m elk gesteel. “Eskom se personeel was Maandagaand
spoedig op die toneel, om met die herstelwerk te begin en net na 09:30 Dinsdagoggend
was die kragtoevoer herstel,” sê Kgojane Matutle, woordvoerder van die
Matjhabeng plaaslike munisipaliteit.

Inwoners
van die woonbuurt was sedert Vrydagoggend (22/07) sonder water. Die
voortslepende beurtkrag en kabeldiefstal is ook die oorsaak dat water nie na
die opgaardamme, wat hoofsaaklik water aan Riebeeckstad, Hennenman en
Ventersburg voorsien, gepomp kan word nie.

Laat
Maandagmiddag (25/07) was die water met baie swakdrukking herstel.  Die
Matjhabeng-munisipaliteit versoek gemeenskapslede om waaksaam te wees en enige
verdagte persone wat by die substasies in die woonbuurt gesien word, by die
naasste polisiekantoor aan te meld.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025