Die toekoms van mynbou in die Goudveld

Die toekoms van mynbou en die motorbedryf in die Vrystaatse Goudveld, en ook in Suid Afrika, is Vrydag (26/10) tydens ’n sakeontbyt by die Laerskool Voluit in Virginia bespreek.


Bedryf in Goudveld bespreek: Die toekoms van mynbou en die motorbedryf in die Vrystaatse Goudveld, en ook in Suid Afrika, is Vrydag (26/10) tydens ’n sakeontbyt by die Laerskool Voluit in Virginia bespreek. Hooggeplaaste kenners het gaste toegespreek en vrae beantwoord. Van links is William Taylor (senior vise-president van Sibanye Gold en hoof van mynbou se goud- en uraan-afdeling), Robert Hart (uitvoerende ingenieur: Suid-Afrikaanse bates van Harmony Gold), dr. Casper Kruger (voormalige vise-president van die handelaarnetwerk van Toyota, voormalige besturende direkteur van Ford Sub-Sahara en Afrika, en tans die besturende direkteur van die voertuig-afdeling van Halfway Group), Joseph Taylor (gasheer) en Stoffies Odendaal (algemene bestuurder van Beatrix-goudmyn). Taylor en Kruger is albei oudleerlinge van die Laerskool Voluit (voorheen die Laerskool Merriespruit). 

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.