“Dit is regtig ’n voorreg om te sien hoe die sportsoort in die Goudveld gegroei het, en die Laerskool Voluit staan beslis nie terug vir ander skole en provinsies nie,” sê Hestha Knoesen, afrigter van die Voluit-span.

Verskaf

Met die Laerskool Voluit as basis, is daar reeds nege skole in die Goudveld wat aan boogskiet as sportsoort deelneem.

“Dit is regtig ’n voorreg om te sien hoe die sportsoort in die Goudveld gegroei het, en die Laerskool Voluit staan beslis nie terug vir ander skole en provinsies nie,” sê Hestha Knoesen, afrigter van die Voluit-span.

“Dit is ook danksy ons borge en plaaslike sakelui wat ons ondersteun en wat tot ons nuwe T-hemde bygedra het.”

Sy sê daar is nou nege skole in die Goudveld wat skuts het en wat dié skole in die sportsoort verteenwoordig.

“Ons het ’n klomp toerusting wat hulle kan gebruik, en daar is ook elke maand ’n boogskietdag by ’n wildsplaas buite Virginia. Dié dag is vir oud en jonk, vir boogskieters wat ervare is, of net vir diegene wat vir die eerste keer die sportsoort beoefen. Binne die volgende maande gaan daar ook vir mense met gestremdhede boogskiet aangebied word,” sê sy.

Kontak Knoesen by 083-966-0777 en volg Voluit Boogskiet op Facebook vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.