Die hoogtepunt van die Erfdeel Gemeente in Riebeeckstad se jaarlikse kalender is sekerlik die die Kruisstasies in aanloop tot Paasfees wat vanjaar tussen 14 en 20 April by die kerk aangebied word. Van 14 April tot 20 April gaan die gebedsbediening van Erfdeel Gemeente Riebeeckstad 'n aanloop tot Paasfees oprig waar besoekers die kruisigingsverhaal van Jesus kan beleef deur op simboliese wyse deur elf verskillende Kruisstasies te beweeg binne die kerk se gebou. Elkeen van hierdie belewenispunte herbesoek 'n gebeurtenis rondom die kruisiging en later die opstanding van Jesus Christus.
Die Kruisstasies in aanloop tot Paasfees Credit: john white

Die hoogtepunt van die Erfdeel Gemeente in Riebeeckstad se jaarlikse kalender is sekerlik die die Kruisstasies in aanloop tot Paasfees wat vanjaar tussen 14 en 20 April by die kerk aangebied word.

Van 14 April tot 20 April gaan die gebedsbediening van Erfdeel Gemeente Riebeeckstad ‘n aanloop tot Paasfees oprig waar besoekers die kruisigingsverhaal van Jesus kan beleef deur op simboliese wyse deur elf verskillende Kruisstasies te beweeg binne die kerk se gebou.

Elkeen van hierdie belewenispunte herbesoek ‘n gebeurtenis rondom die kruisiging en

later die opstanding van Jesus Christus.

Elke stasie sal die geleentheid bied om stil te staan by ‘n toepaslike skrifgedeelte, die moontlike uitkyk van ‘n karakter te ondersoek, byvoorbeeld Petrus of Maria, ‘n persoonlike toepassing te beleef, en word daar ‘n voorgestelde gebed verskaf om mense deur die roete te begelei.

Die stasies sal elke dag gedurende daardie week beskikbaar wees vir besoekers, selfs van buite die gemeente, en mag hulle daar op eie tyd deur die dag vertoef so lank as wat hulle voel.

Die basiese voorstelling van die elf satsies is: Tuin van Getsémané; Petrus verloën Jesus; Pilatus was sy hande in onskuld; Jesus word gespot; Simon dra Jesus se kruis; Jesus se marteling; Jesus en die misdadigers; Jesus word suurwyn aangebied; Jesus sterf; Die leë graf word aangetref en die Opstanding.

Die Gebedsbediening wil hê dat elkeen die Here se seën sal ervaar met die stap van hierdie gedenkroete.

Rig navrae aan Henesia Henning op 072 376 6640.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025