Die Vrystaatse waterbergingskapasiteit het van 97,3% verlede week tot 96,9% vandeesweek afgeneem.
Die Bloemfontein-watervoorsieningstelsel met vier damme wat water aan Mangaung en omliggende gebiede verskaf, staan ??op 97,3%.
Volgens die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se weeklikse verslag oor die toestand van reservoirs staan die Rustfonteindam in dié watervoorsieningstelsel ??vandeesweek op 93,6%. Dit is ’n effense afname vanaf verlede week se 94,4%.
Die Welbedachtdam, ook in die stelsel, het hierdie week 95,1% aangeteken, ’n toename vanaf verlede week se 87,5%. Die Knellpoortdam staan ??op 99,9%. Sterkfonteindam, wat ’n reserwedam is, staan ??op 100.9% met Bloemhofdam op 102.9.%. Die Allemanskraaldam staan ??hierdie week op 95.9%, terwyl Erfenisdam ’n effense afname op 97.0% aandui vergeleke met verlede week se 97.3%.
Tierpoortdam staan ??op 100.9% en Kalkfonteindam 99,4%. Krugersdriftdam het ’n watervlak van 100.5% aangeteken en Metsi-Matsho-dam staan ??op 81.0%. Intussen is die Fika-Patso-dam op 75.7% en het Gariepdam, die grootste dam in Suid-Afrika, ’n watervlak van 95.7% aangeteken. Die Vanderkloofdam, die tweede grootste dam in die land, staan op 99.8%.
Die DWS maan gemeenskappe om water spaarsamig te gebruik. Die departement herinner die publiek dat Suid-Afrika ’n waterskaars land is.