Saterdag (21/05) het die geesvure hoog gebrand toe die sportspanne van die twee voorste Afrikaanse skole in Welkom tydens die jaarlikse derby kragte gemeet het.
Weens die effek van die Covid-19-pandemie was dit ook die eerste keer in twee jaar wat Welkom-Gimnasium en die Goudveld-Hoërskool in die derby op die sportveld kon kragte meet.
Dié historiese derby is vanjaar by Gimmies gehou.
Nie eers die gure weer op dié dag kon die gees demp nie.
Die eerste spanne het goed gevaar in hul onderskeie kragmetings.
Goudveld het die netbal met 28 - 15 gewen, in die hokkie het Goudveld se meisies vir Gimnasium met 2 - 0 geklop en op die hokkieveld het die seuns van Gimmies met 2 - 0 vir Gouties ore aangesit.
Gouties se eerste meisieshokkiespan het weer vir Gimmies met 2 - 0 gewen.
Die eerstespan-rugbywedstryd is tot Dinsdag (24/05) weens reën en weerlig uitgestel.
Hier het Gimmies oorheers en Goudveld met 44 – 0 geklop.