Departement gooi wal teen krisis

Dit was ’n rampspoedige naweek vir mense wat tussen Bothaville en Allanridge moes ry.


Teen Saterdagoggend het padgebruikers die walle we

Teen Saterdagoggend het padgebruikers die walle weer platgery en deur die waterpan, waarvan die watervlak reeds aansienlik gedaal het, gery.

Dit was ’n rampspoedige naweek vir mense wat tussen Bothaville en Allanridge moes ry.

Minstens twee ongelukke het tussen Vrydag (11/02) en Sondag (13/02) op die R30-pad plaasgevind, met nog talle padgebruikers wat groot skade aan voertuie gely het.

Die probleme met dié hoofroete het meer as ’n maand gelede begin toe ’n waterpan teen die R30-pad so opgedam het dat dit oor die pad gestoot het.

Hoewel die Vrystaatse departement van paaie padtekens opgesit het om te waarsku dat die pad onder water is, het motoriste aangehou om dit te gebruik.

Twee busse het in die donker op die oorstroomde pad gery, en 86 passasiers van die Intercape-busdiens moes na veiligheid geneem word.

Boere moet daagliks mense help wat hulle buiteband

Boere moet daagliks mense help wat hulle buitebande op die grondpaaie beskadig of voertuie omgooi.

Verlede week het verkeersbeamptes begin om motoriste op dié pad te beboet. Dit het tot groot frustrasie gelei onder boere wat die pad gebruik om graan by Allanridge af te lewer.

Rudi van Vuuren, ’n veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), sê boere onderteken kontrakte om graan by ’n spesifieke silo te lewer.

Sonneblomboere moet so vinnig moontlik hul produk lewer omdat hulle andersins groot verliese ly as die sade uit die koppe begin val en voëls skade aan oeste aanrig.

Die departement het Donderdag (10/02) die pad met ’n grondwal afgesper. Kort daarna het ’n motoris daarin vasgery en sy bakkie beskadig.

Boere van die omgewing het die wal platgery om die Allanridge-silo te bereik.

Die departement het Vrydag weer walle weerskante van die waterpan gegooi om die pad af te sper. Een van die walle was só gegooi dat mense ook nie ’n sypad kon bereik nie.

Volgens Van Vuuren is daar nie behoorlike waarskuwingstekens nie. Een van die walle is net ná ’n draai, wat veroorsaak dat mense daarteen vasry.

Verlede Donderdag het die paaiedepartement die pad

Verlede Donderdag het die paaiedepartement die pad met ’n grondwal afgesper. ’n Padgebruiker het kort hierna daarin vasgery en sy bakkie beskadig.

Teen Saterdagoggend het padgebruikers die walle weer platgery en deur die waterpan, waarvan die watervlak reeds aansienlik gedaal het, gery.

Van Vuuren sê die ompaaie in die omgewing is in ’n haglike toestand en verskeie mense was die afgelope tyd in ongelukke op die grondpaaie betrokke.

Boere moet daagliks hulp verleen aan mense wie se motor op die grondpad onklaar raak of in ’n ongeluk beland.

Die departement het Vrydag in ’n verklaring gesê hy beskou die R30-pad as gevaarlik en dat dit onwettig is om dit te gebruik.

Die departement ondersoek maniere om die pad binnekort oop te stel, maar het nie reageer op ’n navraag oor waarom die pad eers nou, ’n maand ná die oorstromings, gesluit is nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.