Die Rovers-rolbalklub, tesame met die Hennenman-, Virginia-, Unicorn-, Kroonstad- en Welkom-rolbalklub, het ’n Kersfees in Julie-geleentheid aangebied. Klublede het tweedehandse klere en beddegoed ingesamel wat deur AfriForum onder die behoeftiges van die Goudveld-gebied uitgedeel is. Van die Rovers-klublede wat deelgeneem het, is van links Corné Wessels, Noelene Riri, William Moors en Nicky Cilliers. Saam met hulle is Johan Terblanche van AfriForum, wat die klere en beddegoed namens die klubs versprei het. Foto: Verskaf