Die dansers van Amanda’s School of Dance het op 8 Junie aan die Dance Face Challenge-kompetisie deelgeneem.
Hulle het die medaljes ingeryg, onder meer: 1 diamant, 2 platinum, 9 goud, 14 silwer en 6 brons.
In die afdeling vir ses- tot agtjariges het Novelle Potgieter ’n eerste plek behaal, en Elissa du Plooy ’n tweede plek.
In die afdeling vir nege- tot 11-jariges het Mine Maritz ’n eerste plek behaal, en Imke Scholtz ’n tweede plek.
Kayleen de Lange is tweede in die afdeling vir 15- tot 17-jariges, en Mart-Ané Claassen was derde.
In die afdeling vir dansers 18 jaar en ouer is Shané Coetzer die wenner, AC Claassen tweede en Lorraine Coetzee derde.
Die trofee-wenners is:
- beste akrobatiese vorm Best Acrobatics – Tshegofatso Moroenyane;
- beste energie en styl Best Energy and style – Janie Vivier;
- beste ingesteldheid en styl Best Attitude and Style – Novelle Potgieter;
- beste balletdanser Best Overall Ballet – Zurika Smith;
- beste moderne danser Best Overall Modern – Mart-Ané Claassen;
- beste jazz-danser Best Overall Jazz – Mienke Coetzee;
- beste akrobatiek-danser Best Overall Acro – Miné Maritz;
- beste hip hop-danser Best overall Hip Hop – Shané Coetzer; en
- hoogste telling Best overall score of the day – Shané Coetzer.