Die dansers van die Vibez-dansskool in Welkom het die naweek van 7 Junie heelwat eerbewyse verower in die Dance Face-uitdaging wat by die Laerskool Koppie Alleen in Riebeeckstad plaasgevind het.
Altesaam 32 dansers van dié skool het in die onderskeie afdelings deelgeneem. Die 13 solo-dansers het 10 diamant-, 8 platinum- en 3 goue eerbewyse gewen.
Die 2 duetgroepe het goud gewen, en die 5 groter groepe het 3 goue en twee platinum-eerbewyse gewen, terwyl die 3 hip-hop-groepe 2 platinum- en 1 goue eerbewys verwerf het. In die ope afdeling het die groep Bills ‘n diamant-eerbewys gekry.
Spesiale eerbewyse is toegeken aan: Anri Cox, vir dinamika en toewyding; Leah Blignaut, vir dinamika en sterk styl; Kayley Cardoso, vir houding en selfvertroue; en Dominique Joubert, vir veelsydigheid. Die styl-eerbewyse het gegaan aan Dominique vir haar hip-hop-roetine waarin sy die hoogste telling verwerf het. Dominique het ook ‘n algehele eerbewys vir haar solo-dans ontbang.
Die Vibez-dansskool is boonop die mees geesdriftige dansgroep aangewys. Die ouderdomsafdeling-wenners van dié skool is Dominique (12 tot 14 jaar) en Kayley (vyf jaar en jonger). Hier is die 32 dansers van die Vibez-dansskool wat deelgeneem het.