Altesaam 19 dansers van die Vibez-dansateljee kwalifiseer vir die nasionale Talent Africa-kampioenskapsbyeenkoms wat einde September in Sasolburg plaasvind. Hulle het in die streekuitdunronde op 15 April in die Ernest Oppen­heimerskouburg 24 hoë silwer- en sewe goue meriete-eerbewyse verwerf. Van links is, voor: Anandie Jacobs, Danielle van Staden, Chelsea Joubert, Nikita McLennan en Leah Blignaut