Drie leerlinge aan Welkom-Gimnasium is gekeur om in Junie op die SADTA-prestige-toekenningsgeleentheid as deel van die diskodans-wêreldkampioenskap deel te neem. Dit word in die Tsjeggiese Republiek aangebied. Candice Kleynhans-Bellringer en Alandri Krause het albei provinsiale en nasionale erkenning ontvang in die afdeling vir klein groepe (disco small groups). Demi Danièls het op haar beurt provinsiale en nasionale erkenning in dié afdeling ontvang, asook in die afdeling vir freestyle rock and roll. Al drie is dansers by The Dance Connection in Stateway, Welkom. Van links is Alandri, Demi en Candice. Foto: Verskaf