Dominique (gr. 7) en Chelsea Joubert (gr. 4), leerlinge aan die Primêre Skool Naudeville, het in Septemer en Okto­ber 2022 aan die DanceStar-kompetisie se kwalifiseringsronde in Pretoria deelgeneem. Hier het hulle gekwalifiseer om van 15 tot 22 Mei aan die DanceStar-wêreldeindronde in Kroasië deel te neem. Altesaam 4 000 dansers van 28 lande gaan deelneem.Foto: Verskaf