Lesers Briewe

Lesers Briewe

Zenta Ehlers, Welkom:

Dit is min dat ons dankie sê, want dis maklik om te kla. Soms met goeie reg.

Ek wil egter dankie sê vir die skoonmaakproses wat ons in Matjhabeng sien. Dit is lekker om in ’n straat te ry waar die gras kort en die sypaadjies netjies is.

As ek in die strate ry, is ek dankbaar vir elke gat wat reggemaak is. Al is daar nog ’n lang pad voor ons en baie woorde wat in dade moet oorskakel, is daar hoop. En die hoop beskaam nie.

Doen so voort.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025