Leerlinge is eerstehandse inligting en leiding gegee in gesondheidswetenskappe en loopbane soos geneeskunde, dieetkunde, fisioterapie, arbeidsterapie, apteek- en Verpleegkunde.Foto: VerskafBongani


’n Lewendige, kleurvolle en opwindende opedag met die tema van gemeenskapsbetrokkenheid en jeugbemagtiging, is by die Bongani-hospitaal in Welkom gehou.

“As deel daarvan om ’n staatsinstelling te wees, het ons daarop gemik om die gaping tussen gemeenskappe en gesondheidsorgpersoneel en dienste in die algemeen te oorbrug,” het dr. Reggie Mkatsane, mediese direkteur by Bongani, gesê.

Dié suksesvolle opedag is op Maandag 11 September gehou.

“Die doelwit was ook om leerlinge op te voed en loopbaanvoorligting aan leerlinge met belangstelling in gesondheidswetenskappe en loopbane soos geneeskunde, dieetkunde, fisioterapie, arbeidsterapie, aptekerswese en verpleegkunde, te gee,” het Mkatsane aan Vista gesê.

Dit was ’n kleurvolle geleentheid met alle hospitaaldienste ten toon gestel, en elke departement se personeel was byderhand om die leerlinge se vra te beantwoord.

“Almal het regtig moeite gedoen met hul aanbiedings. Op grond van die sukses van die dag wil ons dit volgende jaar groter en beter maak.

“Vir volgende jaar se geleentheid het ons reeds die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) as vennote geïdentifiseer,” sê Mkatsane.

You need to be Logged In to leave a comment.